Wednesday 26 October 2016

Calvinia: die Hart van die Hantam

Calvinia, `n klein dorpie wat as die "hart van die Hantam" beskryf word. Ek het die voorreg gehad om in Calvinia te werk vir `n week. Hierdie was my kans om die dorp te verken sonder enige haas na die volgene bestemming. Elke keer wat ek deur die dorp ry kyk ek na al die plekke waar ek eendag graag wil stop. Dit was my eendag en tyd om by die plekke te stop.




Die Karoo dorp is ryk aan geskiedenis wat hom gevorm en opgebou het tot die Calvinia  wat vandag in bestaan is.
Calvinia is `n klein dorpie in die Noord-Kaap, tussen Williston en Niewoudtsville.
Die dorp is vernoem na die Franse John Calvin.
Dit was hoofsaaklik Khoisan gebied, en die eerste Europeurs het in die 1750's hier aangekom in die gebied. Volgens inligting bronne is die dorp amptelik vernoem na Calvinia op 30 Oktober 1851 en in 1904 `n Munsipaliteit geword.











Die Museum op Calvinia is in `n ou Joodse Sinagoge. Die gebou is in 1920 opgerig.
Die Jode het in 1843  in die dorp aangekom. met die kennis van handel dryf het hulle `n groot bydrae gemaak tot die dorp se kommersiele ontwikkeling.  In die Museum wat vandag staan het die energieke dame, Memci van wyk, moeite gedoen om elke aspek van die geskiedenis van die dorp uit te beeld en tot eie reg te bring. In die museum sal jy uitstalings aantref van die Joodse geloof, Abraham Esau (Die Hospitaal op die dorp is ook na hom vernoem), eerste settelaars in die gebied, die skaap boerdery bedryf en dan `n uitstaling van foto's en artikel van die geskiedenis van Calvinia...selfs van die eerste natuurlike vierling, die Lombaard vier broers. Memci is passievol oor die geskiedenis van die omgewing en nooi graag die kinders uit om hulle take te kon doen en hou ook musiek aande. Daar is `n paar klaviere in die museum wat nog in volle werking is.
In 1917 was Calvinia met Hutchison verbind met `n treinspoor. Die gebeurtenis het die ekonomiese ontwikkeling in die dorp en selfs distrik verhoog.Net buite die gebou staan die lokomoetief wat die gemeenskap tot daar gestoot en staan gemaak het.
Die toegang is R10 maar maak `n donasie sodat die geskiedenis kan voortleef





Die Gholfbaan. As jy van gholf hou sal dit `n unieke baan wees om op te speel. Dit is wel nie gras groen soos die van Sun City nie, in teendeel hy is vaal en `n grond gholfbaan. Die tipe baan staan bekend as `n Olie baan, omrede die "green" bestaan uit olie en sand.





Akkerendam Natuur Reservaat. Indien jy hou van in die natuur wees en ontdek is hierdie die plek vir jou. Volgens die tyd tot jou beskiking en die moeilikheidsgraad kan jy jou staproete kies. Elk van die stap roetes besit oor uitkyk punte. Die beste tyd om te gaan sal wees gedurend die blomseisoen wanneer die landskap `n prag vertoning hou. Vir dag besoekers is daar ook piekniek plekke om lafenis te vind  en deel te word van die omgewing. 65 Voel spesies is alreeds hier aangetekening, so hou die oogies en ore oop vir die roepsteme van die diere. Hantamspiek is 1669m hoog.





Die Blom Posbus. Did is `n groot rooi posbus in die dorp. Hoogte: 6.17m, omtrek: 9.43m. Hy staan in die hoofstraat. Die Posbus was eers `n water tenk vir die dorp. Die posbus is in 1994 "geopen". Teen hierdie posbus is daar `n gewone posbus waarin jy `n brief of poskaart kan gooi. Ek self het `n paar briewe vir familielede gepos. Die brief ontvang `n spesiale stempel.





Die vleisfees. Ongelukkig het my datum wat ek in die dorp was nie oor eengestem met die van die vleisfees nie (dit vind gewoonlik einde augustus plaas, hou gerus facebook dop). Dit is alhoewel `n heerlike kuier fees wat jaarliks in die dorp plaasvind. met vermaak vir jonk tot oud. As jy hou van skaap vleis en geselligheid dan raai ek jou aan om jou reis om die datum te beplan. Dit val ook in die blomseisoen wat dus dubbel dit die moeite werd maak om jou roete hier om te beplan.




Oor die eet plekke kan jy meer lees in die volgene resensies:



Na `n week van ontdekking, dans by die gholf klub en heerlik eet was dit vir my tyd om weer terug te keer na die "Hart van die Namakwa" ....Garies. Beplan jou rit hier langs en klim van die besige nationale roetes af en op die agter paaie en jy sal iets mooi in die Hantam ontdek.

No comments:

Post a Comment