Wednesday 12 October 2016

Rooi wyn en bobotie

Rooiwyn en Bobotie...`n goeie kombinasie saam wat sal sorg vir heerlike geselskap tussen vriende. Dit is so met goeie kos en goeie wyn.  Meeste van die keer kuier mens saam oor `n koppie tee, wyn, langs `n kamp vuur of deel `n ete saam. Tyd om optevang met vriende en familie in ons besige omstandighede.


Hierdie afgelope tyd dink ek baie aan die mense wat al reeds oor my pad gekom het. Somige net vir `n kort rukkie en ander weer langer. Die pad van die lewe... Elkeen speel `n rol en het `n impak ,of dit nou groot of klein is. As ek aan elkeen dink en waar ek op my pad in die lewe was op daardie stadium sien ek watter rol hul wel in my lewe gespeel het. Die lesse, geduld, liefde en omgee wat ek geleer het is soos die tyd wat jy insit om daardie perfekte balans te kry van kruie, kerrie en tumeriek in die bobotie. Die bestanddele tot jou karakter en menswees.




Die reis is onvoorspelbaar en elke karakter is `n verrrassing wat jy kry. Dit skaaf en vorm jou op voorbereiding vir elke afdraai of reguit lyn vorentoe.Wie jy sal vind en kry sal net tyd kan wys. Die persoon hoef dalk nie eers lank genoeg te bly om saam te deel in aandete nie, nee soms kom hulle vinnig oor jou pad dalk net `n vinnige hallo. Op `n onverwagse manier sonder beplanning ontmoet jy die karakter wat dieselfde pad as jy volg en hulle weet wat die pad behels het om tot op die punt te kom. Hulle gaan lank genoeg bly vir ete. Reenwolke...en dan die sonstrale wat begin uitloer agter die wolke bring dalk `n nuwe karakter, een wat bietjie lig en warmte voorsien op `n koue reis. Hou die stoel by die tafel oop vir hulle. Jy kry dan die person wat oor jou pad kom en jou dalk help met die "papwiel" in jou lewe en bly net lank genoeg om jou te groet terwyl jy weer verder op jou reis gaan, die helpende hand. Jou pad maak weer `n draai ( jy het vergeet om die stoof aan te sit) en daar is jy weer op `n nuwe koers, min weetend wie jy hier sal vind of dalk wie jy sal moet groet wat eder regs as links draai. Jy tref die grond pad en daar ontmoet jy iemand wat jou leer hoe om grondpad te ry en reis saam...hulle bly langer. Dis by `n stilstaanpunt wat die mede reisiger jou wys om die kleiner detail langs die pad raak te sien en die prag om jou te moet waardeer.Hier herontdek jy weer iets van jouself.  `n Opwinding heers binne jou en jy gaan voort op die lewens reis. Dit is dan by die volgende dorpie

waar daar rustigheid heers in jou en jy besluit om te rus hier en dalk moontlik die dorp eers goed te verken. Jy weet nooit watter nuwe kruie, geure of raad jy hier kan kry vir die bobotie nie.


Dit is dan by die maaltyd wat jy aansit en die geselskap deel van vriende wat op `n manier oor jou padgekom het en `n stoel ingeneem het by jou. Die atmosfeer is reg, met geselskap om jou, lag, vreugde en liefde heers ook hoog om die tafel. Die bobotie word geskep...perfek en warm. Rooi wyn het genoeg asem gehaal en word ingeskink. Die kombinasie jubel op jou smaakpunte en maak die maag vol warmte. En die geselskap....die hart.


Nooi jou vriende oor vir `n heerlike ete en geniet die rol wat hul al op jou pad gespeel het. Volg die strepe op die teerpad of die horison op die grondpad en maak jou deur oop vir nuwe ete gaste.



No comments:

Post a Comment