Wednesday 26 October 2016

Calvinia: die Hart van die Hantam

Calvinia, `n klein dorpie wat as die "hart van die Hantam" beskryf word. Ek het die voorreg gehad om in Calvinia te werk vir `n week. Hierdie was my kans om die dorp te verken sonder enige haas na die volgene bestemming. Elke keer wat ek deur die dorp ry kyk ek na al die plekke waar ek eendag graag wil stop. Dit was my eendag en tyd om by die plekke te stop.




Die Karoo dorp is ryk aan geskiedenis wat hom gevorm en opgebou het tot die Calvinia  wat vandag in bestaan is.
Calvinia is `n klein dorpie in die Noord-Kaap, tussen Williston en Niewoudtsville.
Die dorp is vernoem na die Franse John Calvin.
Dit was hoofsaaklik Khoisan gebied, en die eerste Europeurs het in die 1750's hier aangekom in die gebied. Volgens inligting bronne is die dorp amptelik vernoem na Calvinia op 30 Oktober 1851 en in 1904 `n Munsipaliteit geword.











Die Museum op Calvinia is in `n ou Joodse Sinagoge. Die gebou is in 1920 opgerig.
Die Jode het in 1843  in die dorp aangekom. met die kennis van handel dryf het hulle `n groot bydrae gemaak tot die dorp se kommersiele ontwikkeling.  In die Museum wat vandag staan het die energieke dame, Memci van wyk, moeite gedoen om elke aspek van die geskiedenis van die dorp uit te beeld en tot eie reg te bring. In die museum sal jy uitstalings aantref van die Joodse geloof, Abraham Esau (Die Hospitaal op die dorp is ook na hom vernoem), eerste settelaars in die gebied, die skaap boerdery bedryf en dan `n uitstaling van foto's en artikel van die geskiedenis van Calvinia...selfs van die eerste natuurlike vierling, die Lombaard vier broers. Memci is passievol oor die geskiedenis van die omgewing en nooi graag die kinders uit om hulle take te kon doen en hou ook musiek aande. Daar is `n paar klaviere in die museum wat nog in volle werking is.
In 1917 was Calvinia met Hutchison verbind met `n treinspoor. Die gebeurtenis het die ekonomiese ontwikkeling in die dorp en selfs distrik verhoog.Net buite die gebou staan die lokomoetief wat die gemeenskap tot daar gestoot en staan gemaak het.
Die toegang is R10 maar maak `n donasie sodat die geskiedenis kan voortleef





Die Gholfbaan. As jy van gholf hou sal dit `n unieke baan wees om op te speel. Dit is wel nie gras groen soos die van Sun City nie, in teendeel hy is vaal en `n grond gholfbaan. Die tipe baan staan bekend as `n Olie baan, omrede die "green" bestaan uit olie en sand.





Akkerendam Natuur Reservaat. Indien jy hou van in die natuur wees en ontdek is hierdie die plek vir jou. Volgens die tyd tot jou beskiking en die moeilikheidsgraad kan jy jou staproete kies. Elk van die stap roetes besit oor uitkyk punte. Die beste tyd om te gaan sal wees gedurend die blomseisoen wanneer die landskap `n prag vertoning hou. Vir dag besoekers is daar ook piekniek plekke om lafenis te vind  en deel te word van die omgewing. 65 Voel spesies is alreeds hier aangetekening, so hou die oogies en ore oop vir die roepsteme van die diere. Hantamspiek is 1669m hoog.





Die Blom Posbus. Did is `n groot rooi posbus in die dorp. Hoogte: 6.17m, omtrek: 9.43m. Hy staan in die hoofstraat. Die Posbus was eers `n water tenk vir die dorp. Die posbus is in 1994 "geopen". Teen hierdie posbus is daar `n gewone posbus waarin jy `n brief of poskaart kan gooi. Ek self het `n paar briewe vir familielede gepos. Die brief ontvang `n spesiale stempel.





Die vleisfees. Ongelukkig het my datum wat ek in die dorp was nie oor eengestem met die van die vleisfees nie (dit vind gewoonlik einde augustus plaas, hou gerus facebook dop). Dit is alhoewel `n heerlike kuier fees wat jaarliks in die dorp plaasvind. met vermaak vir jonk tot oud. As jy hou van skaap vleis en geselligheid dan raai ek jou aan om jou reis om die datum te beplan. Dit val ook in die blomseisoen wat dus dubbel dit die moeite werd maak om jou roete hier om te beplan.




Oor die eet plekke kan jy meer lees in die volgene resensies:



Na `n week van ontdekking, dans by die gholf klub en heerlik eet was dit vir my tyd om weer terug te keer na die "Hart van die Namakwa" ....Garies. Beplan jou rit hier langs en klim van die besige nationale roetes af en op die agter paaie en jy sal iets mooi in die Hantam ontdek.

Resensie: Die Blou Naartjie

Die Blou Nartjie. `n Ou liefdes veraal wat tot die ontstaan gelei het van hierdie juweul in die Karoo. Heerlike kos op die spyskaart...maar wag voor ek daarby kom eers bietjie geskiedenis oor die plek en sy ontstaan.

Die liefdes verhaal is as volg. `n Pragtige meisie wat geweet het wat sy soek en dat sy die beste verdien en `n Jood wat `n goeie verbeelding gehad het. Die Joodse man wou graag met die meisie trou, haar enigste versoek was dat hy vir haar `n blou naartjie bring. Waar sou hy aan so iets kom? dit het mos nie bestaan nie. Hy het sy verbeeling gebruik en het die gebou gekoop en dit die "blou Nartjie" genoem. Die een ding was sy gedink het was onmoontlik om te bekom het hy vir haar gebied en die Liefde het die onmoontlike oorwin.

Louis Rosenblatt het in 1863 die gebou oorgekoop by Heilbrun en Wetzlar (Wetzlar was een van die eerste jode in Calvinia). Die deel wat nou as die restaurant gebruik word was eers as sinagoge gebruik tot 1920 toe die nuwe sinagoge tot stand gekom het. In die dak kan die kandelaar hake nog gesien word.

Die restaurant het `n hout vloer en plafon met swaar balke wat die dak ondersteun. Die keuse is gemaak om die kombuis oop te maak sodat dit in die eet area vloei. Jy kan van die restaurant area in die kombuis kyk en sien hoe die towerkuns met geure gebeur.

Die keuse op die spyskaart was moeilik om te maak so toe bestel ek eers `n glasie rooiwyn sodat ek bietjie langer kan dink oor die keuse. Skaapstertjies is een van die voorgeregte. dit het glad nie teleur gestel nie. Die geure was goed gekombineer en die vleis het van die beentjies afgeval so sag was dit. Hoofgereg het ek die keuse gemaak van lams pastei. Ongelooflik lekker. Ek kon werklik geen fout vind hier nie. Als was perfek die wyn, die atmosfeer van kerslig wat dans teen die hout balke en die heerlike kos. Op `n koue aand steek hul die kaggel ook aan vir `n bietjie warmte vir die lyf.

Hulle is slegs in die aand oop vanaf 18:30, Maandag tot Saterdag. Maak maar `n bespreking om teleurstelling te voorkom. 

Ek deel graag die skakel tot hulle webtuiste. http://www.nartjie.co.za/restaurant.html

Die Blou Nartjie het ook akkomedasie om te bied. Besoek gerus hulle as jy deur Calvinia ry.
 
 
 
 
 

Resensie: Die Hantam Huis

Die Hantam Huis. Die word huis kry die klem in hierdie geval. Hier bied hul akkomedasie, restaurant, en geskiedenis. Alles wat in `n huis gekry word met `n bietjie liefde van die Hantam.

Dit is nog die oorsronlike gebou wat in 1854 gebou is in die vorm van `n "T". Hierdie is een van die oudste gebou in Calvinia en het meer as `n decade geneem om tot sy volle glorie herstel te word. In 1983 word dit as `n nationale monument verklaar.

By die Hantam Huis word daar eg traditionele geregte bedien soos bobotie, waterblommetjies, koeksisters, melktert, en nog vele meer om jou lippe af te lek.


Dit was `n grou oggend in Calvinia met wolke toe getrek en `n koue vind wat jou aan die bene knou.
Ek het om besluit om te kaan vir `n heerlike koffie en dalk net iets vir die oop kol in die maag.
Toe ek instap by die Hantam huis voel ek dadelik tuis met `n warm gevoel wat oor my kom. Hul beduie my na die restaurant area. Voor ek daar kom loop jy eers deur die winkel area, en dit is hier waar die reuk van mosbeskuit my tref en ek word weg gevoer na my ouma se huis. Die reuk van kaneel en mosbeskuit en die herinneringe van die dae wat ons saam gebak het en in die kombuis baljaar het. Die houtvloer se planke kraak en kreun van al die voete en lewens wat al oor hulle geloop het.
Die volgene vertrek huisves `n groot eetkamer tafel groot genoeg vir `n fees van `n maaltyd. Uit hierdie vertrek gaan jy na die restaurant area of slap kamer wat die geskiedenis uitbeeld van die vorige inwoners. Die restaurant area het 3 vertrekke, elke met sy eie karakter. die een vertrek is wel die kombuis... met die ou stoof in (die area het reeds gaste gehad om die tafel).

Ek het by die tafel gesit langs die orrel. Die diens is flink en vrolik. `n Warm gevoel op so koue dag. Warm sjokolade, `n muffin en pannekoek. (suiker rush). Ek het nie lank gewag nie toe staan die dame met die warm sjokolade en muffin voor my. Een van die varste muffins wat ek al aan gesmul het, warm, klam en vol geure. Die pannekoek het ook nie teleur gestel nie, al was dit bietjie koud vir die roomys wat daarby bedien word het ek hierdie veeragtige pannekoek geniet met die kaneel en suiker verhouding perfek.
Toe ek klaar is en wil ry was dit nie net die oop gaaitjie in my maag wat gevul is ie maar ook my vreugde bekker.

Die Hantam Huis sal verseker weer `n besoek van my ontvang as ek in die dorp is. Stop gerus by hulle en geniet die kos. Al is dit net `n vinnige moer koffie of rooibos tee.
 
 

Wednesday 12 October 2016

Rooi wyn en bobotie

Rooiwyn en Bobotie...`n goeie kombinasie saam wat sal sorg vir heerlike geselskap tussen vriende. Dit is so met goeie kos en goeie wyn.  Meeste van die keer kuier mens saam oor `n koppie tee, wyn, langs `n kamp vuur of deel `n ete saam. Tyd om optevang met vriende en familie in ons besige omstandighede.


Hierdie afgelope tyd dink ek baie aan die mense wat al reeds oor my pad gekom het. Somige net vir `n kort rukkie en ander weer langer. Die pad van die lewe... Elkeen speel `n rol en het `n impak ,of dit nou groot of klein is. As ek aan elkeen dink en waar ek op my pad in die lewe was op daardie stadium sien ek watter rol hul wel in my lewe gespeel het. Die lesse, geduld, liefde en omgee wat ek geleer het is soos die tyd wat jy insit om daardie perfekte balans te kry van kruie, kerrie en tumeriek in die bobotie. Die bestanddele tot jou karakter en menswees.




Die reis is onvoorspelbaar en elke karakter is `n verrrassing wat jy kry. Dit skaaf en vorm jou op voorbereiding vir elke afdraai of reguit lyn vorentoe.Wie jy sal vind en kry sal net tyd kan wys. Die persoon hoef dalk nie eers lank genoeg te bly om saam te deel in aandete nie, nee soms kom hulle vinnig oor jou pad dalk net `n vinnige hallo. Op `n onverwagse manier sonder beplanning ontmoet jy die karakter wat dieselfde pad as jy volg en hulle weet wat die pad behels het om tot op die punt te kom. Hulle gaan lank genoeg bly vir ete. Reenwolke...en dan die sonstrale wat begin uitloer agter die wolke bring dalk `n nuwe karakter, een wat bietjie lig en warmte voorsien op `n koue reis. Hou die stoel by die tafel oop vir hulle. Jy kry dan die person wat oor jou pad kom en jou dalk help met die "papwiel" in jou lewe en bly net lank genoeg om jou te groet terwyl jy weer verder op jou reis gaan, die helpende hand. Jou pad maak weer `n draai ( jy het vergeet om die stoof aan te sit) en daar is jy weer op `n nuwe koers, min weetend wie jy hier sal vind of dalk wie jy sal moet groet wat eder regs as links draai. Jy tref die grond pad en daar ontmoet jy iemand wat jou leer hoe om grondpad te ry en reis saam...hulle bly langer. Dis by `n stilstaanpunt wat die mede reisiger jou wys om die kleiner detail langs die pad raak te sien en die prag om jou te moet waardeer.Hier herontdek jy weer iets van jouself.  `n Opwinding heers binne jou en jy gaan voort op die lewens reis. Dit is dan by die volgende dorpie

waar daar rustigheid heers in jou en jy besluit om te rus hier en dalk moontlik die dorp eers goed te verken. Jy weet nooit watter nuwe kruie, geure of raad jy hier kan kry vir die bobotie nie.


Dit is dan by die maaltyd wat jy aansit en die geselskap deel van vriende wat op `n manier oor jou padgekom het en `n stoel ingeneem het by jou. Die atmosfeer is reg, met geselskap om jou, lag, vreugde en liefde heers ook hoog om die tafel. Die bobotie word geskep...perfek en warm. Rooi wyn het genoeg asem gehaal en word ingeskink. Die kombinasie jubel op jou smaakpunte en maak die maag vol warmte. En die geselskap....die hart.


Nooi jou vriende oor vir `n heerlike ete en geniet die rol wat hul al op jou pad gespeel het. Volg die strepe op die teerpad of die horison op die grondpad en maak jou deur oop vir nuwe ete gaste.