Dit is `n lang rit vandat ek laas `n inskrywing gedoen het.
Want voor ek oor al die ander stof paaie en agterpaaie van die lewe kan skryf
is daar een storie wat ek eers uit my hart moet kry. Vir byna 9 maande draai
hierdie storie in my hart…hart my kop…in my menswees. Elke keer dink ek hoe
sal ek dit benader, hoe sal ek dit skryf en uiting gee aan hierdie storie
sonder om oor lyne van taboo onderwerpe te praat?
Dan dink ek.. dit is my storie, my gedagtes en my Vryheid
van spraak en my liefde wat uiting kry. So hier gaan ons. As jy nog die
oulands vlag hoog wapper, of in elke situasie iets rassities soek, gee ek jou
`n oomblik om die berig toe te maak.
“Bye Clara!!” “Bye Mia!!”. Clara stap `n entjie verder en
weer kom die klein stemmetjie… “Bye Clara!!!” “Bye Mia!” en toe “ LIef vir jou
Clara!!” “lief vir jou ook Mia”. Ek sit op my stoep en aanskou hierdie pragtig
en onskuldig liefde van `n klein dogtertjie vir die huishulp. Die klein dogter kuier
gereeld by haar ouma oorkant my en het so mooi band met Clara (die huishulp)
gevorm. Dis dit wat my terugvat na my eie kinderjare toe.
Die jare in potch het ek min van onthou want ek was maar 3
toe ons daar weg is maar Maria wat na ons gekyk het het gereeld nog gebel en my
ma vir haar om te hoor hoe gaan die met die familie. Dit is toe later jare as
student wat ek weer vir Maria gesien het toe sy by die studente huis kom kuier
het en haar suster later by my so af en toe gewerk het. Sy het vertel van die
dae wat sy ons as baba’s kon versorg en pêpa.
Victoria. The Queen. In Cradock het Victoria na ons gekyk en
het al die stoutigheid van my broer beleef en ek wou altyd net hand by sit om
haar te help met die huistake (my ma het sleg tweede gekom weens dat ek die
skoene so mooi gepolitoer het dat die sole ook geblink het, noodloos om te sê
het my ma met haar gepolitoerde sole gely by die trappe af…ek mag nie weer
daarna met die skoene gehelp het nie.) Victoria het ook by ons op die erf gebly
en somige aande het ons net gaan luister of haar draadloos speel en dan kon ons
nagsê.
Sy het op die ou stoep saam met ons gewag vir my ma as my ma moes laat werk. Ons
het toe verhuis en dit was die laaste wat ek van Victoria gesien het, somige
dae wonder ek of sy nog na kinders kyk en waar sy is en of haar draadloos nog
op die selfde stasie speel.
Miekie en Roelf. Die twee getroue werkers het by my ouma
gewerk en het saam met haar van die plaas in dorp toe gekom toe my ouma dorp
toe trek. Vakansie tye het hulle hul hande vol gehad met ons, binne die huis
het Miekie die wakened oog gehou en buite het Roelf weer gekyk waste kattekwaad
ons aanjaag of waar ons damwalletjies in die bedding maak wat nie daar hoort nie.
Geduldig het hul weer als reg gemaak.
Die twee leef nou nog en na my ouma se dood werk Roelf nogsteeds by haar
huis, soos hy sê “ Ek sal elke dag mooi kyk na die ounooi se erf, al is sy
nie meer hier nie”. Twee kosbare mense wat altyd daar was en in soveel
herinneringe van my as kind ook.
Die laaste een en die een wat hierdie hele inskrywing
geinspireer het is…Frances. Dit het `n rukkie geneem voor sy in ons lewens
gekom het. In Kimberley het dit maar sukkel sukkel gegaan om `n huishulp te kry
en na `n paar en om in die nasorg by die
skool te wees was ons as kinders, en ek dink my ma ook, op ons laaste. Hoe
Frances in ons lewe gekom het kan ek nie presies onthou nie. Sy was ons middag
ma. As ons by die huis gekom het van die skool het ons kos altyd reg gestaan
(heerlike) met Oros in die somer en tee in die winter. Sy het die heerlikste
vetkoeke gemaak, en sy maak nog vandag vir my as ek by die huis kuier. Frances
het ons met baie laat weg kom by haar, maar sy het altyd geweet as ek `n slegte
dag gehad het en `n ekstra koppie tee nodig het. As ek op die bank aan die slap
geraak het het sy my kom toe gooi of as ek geslaap het in die middag het sy my
betyds wakker gemaak vir my sport. Sy het altyd geraas as ek nie vinnig genoeg
my wasgoed weggepak het nie. Sy het ook
vir my broer gelieg as die skool bel en vra of hy by die huis is terwyl hy en
sy vriende skool bank om rugby te kyk.
Frances met haar
sorgende hande en mooi hart. Ons het goeie en slegte tye saam beleef. Haar
hartseer en slegte tye en ook ons as kinders sin.
Frances het nooit geskroom as ek begin om kersfees koekies
te bak vir al die skottelgoed nie, later het ek ook maar self begin was. Die
dae as ouma kom kuier het was daar beet, wortels en boontjies ingelê,
maar Frances se hande was reg het my ouma gesê. Die honde was ook bederf met haar en het
altyd meer kos gekry as wat hulle moes.
Aan die einde van my matriek het Frances weggegaan. Sy het
later vir `n ander huisgesin gewerk met meer kinders en kleiner. Oor kerkstyd kom help sy nog vir my ma uit met die skottelgoed en huis skoon hou met die
gaste daar. Toe ek die dag my karretjie moet laai en my woonstel moet ontruim
om Garies toe te trek het ek geweet die sal Frances wees wat moet kom help. SY
het in verwondering gestaan toe ek die kar laai oor als was daar kan inkom en
sou dit nie geglo het as sy die nie self gesien het nie.
Februarie 2017, die naweek waar die storie begin het. Dit
was die naweek wat ek voorgestel is op die kerkraad en my ouers het besluit hul
gaan opkom vir die geleentheid, dit is toe wat die idee kom dat Frances en die
honde ook moet saam kom. Nie Frances of die honde het al die see gesien nie en
dit was een van haar grootste drome. Frances het afgekry by haar werk en is
saam in die kar. Dit was die eerste keer in haar lewe wat sy verder as 50km weg
van Kimberley is. My pa het Vosburg, Carnavon< Calvinia en toe N7 roete
gery. Hitler wou net heelpad op Frances se skoot sit. Toe hulle hier stop by my
was dit oorweldigend gewees (Frances was so deftig uitgevat). Ek was so trots
om vir haar my huis, werk en kollegas te wys. Dit was nie lank stil sit op die
stoep nie toe begin Frances skoon maak. Die naweek was vol nuwe ervaring vir
haar en nogsteeds sou dit nooit genoeg wees om vir haar dankie te sê
nie. Die Saterdag is ons Hondeklipbaai toe met die honde ook in. Sy was in
verwondwering en kon dit nie glo nie. Sy het stil geraak vir al die water wat
voor haar lê.
Ons het met die honde op die strand baljaar en sy het haar voete in die see
gesit. Om dit met haar te kon deel was `n kosbare oomblik gewees.
Toe groettyd kom was my huis leeg maar my hart was oorvol
gewees. Hulle het toe Springbok- Upington om terug gery. Frances met haar
sorgende hande het my huisie laat blink en my hart laat glimlag. Sy het die
hele Noord-Kaap deur gery en die see gesien in een naweek. Die mense wou haar
nie glo nie en ek moes vir haar foto’s laat uitdruk om vir hulle te wys.
Die vrou met haar sorgende hande en haar mooi hart…die vrou
wat my begin tswana leer het in die middae, die vrou wat die mooiste glimlag
het al is haar hart seer, die vrou wat nederig is en dankbaar, die vrou wat die
lekkerste vetkoeke maak, die vrou wat `n koppie tee die perfekte soet kan maak,
die vrou wat my soveel lewenslesse geleer het al het sy diy nie besef nie.
Venand sê
ek vir haar dankie. Ek sal altyd dankbaar wees dat sy deel was van my groot
word jare en nogsteeds daar is om te sien die vrou wat ek vandag is.
Nederigheid en dankbaarheid vir hierdie engel
van God wat in my lewe is.
Jana jy is altyd so positief oor die lewe,dit gee my sommer nuwe moed om die droogte aan te pak. Vandag sê n oom vir my al is jou hande seer spoeg hulle nat en bly besig met hulle dan het jy die droogte halfpad gewen. Groete Jasper D
ReplyDelete