Tuesday 30 August 2016

Die groot uitdaging om te Lewe

Lewe... wat beteken dit vir jou? Om die nodigste te doen om aan die lewe te bly, ekstreme sport vir die adrenalien verslaafdes,  om die lekker dinge te doen en voluit LEWE. Wat laat jou wekker tik?


Dit was in laasweek wat ek vir die 3de keer in my lewe wat ek `n lyk gesien het en dit het my laat dink oor die person wat hier voor my is. Hy was onbekend vir my en tog het ek gewonder of hy sy drome bereik het en `n vol lewe gehad het. Die dood het `n krag op `n persoon dat jy jou lewe hersien en weer als in perspektief sit. Dit vat my terug na `n naweek middel Julie. Ek het `n roudiens by gewoon die Saterdag en die Sondag in `n verskillende dorp en `n ander dominee word ek weer gekonfronteer met die dood.


Saterdag beleef ek hoe voluit die dame geleef het en hoe sy ander se lewens verryk het. Altyd mooi na haarself gekyk en vir ander gedoen. Sy was `n kind van die Here en het geglo Hy sal altyd voorsien. In die sondag oggend diens is die dominee se tema " Lewe voor die dood".


Dit is `n treffende stelling en steek vas. Ons vra altyd of daar `n lewe na die dood is, veral as ons `n geliefde moet groet. Gaan ons kan aangaan, hoe moet ons aangaan sonder hulle. Die eintlike vraag moet wees LEWE ons elke dag tot die volste wat ons kan? Lewe ons voluit genoeg voor ons laaste asem?
Dit hoef nie altyd te wees om te reis en plekke te sien nie. Dit hoef niete wees om uit `n vliegtuig te spring of selfs onder die water te wees met haaie nie. Nee dit kan net iets wees soos om vir jou medemens omtegee en te gee sonder om terug te verwag. Dit kan wees om die klein dingetjies te waardeer soos, die reuk van die grond na die reen, kinders wat nog in die strate kan speel, selfs om net op jou stoep te sit en die vertoning van `n sonsondergang te aanskou.

 
So voor ons aan die lewe na die dood dink, laat ons eder dink aan die lewe VOOR die dood en wat ons daarmee kan doen. Dis elke dag `n nuwe uitdaging om voluit te lewe met al die faktore wat in ons haastige lewens `n rol speel.


Ek daag jou uit om dit te probeer en om daai sonsondergang te geniet of self net by `n padstal te stop en iemand met `n glimlag te groet.
`n Reis na `n lewe vol herinneringe en klein oomblikke wat `n groot impak het.




LEEF

No comments:

Post a Comment