Tuesday 30 August 2016

Die groot uitdaging om te Lewe

Lewe... wat beteken dit vir jou? Om die nodigste te doen om aan die lewe te bly, ekstreme sport vir die adrenalien verslaafdes,  om die lekker dinge te doen en voluit LEWE. Wat laat jou wekker tik?


Dit was in laasweek wat ek vir die 3de keer in my lewe wat ek `n lyk gesien het en dit het my laat dink oor die person wat hier voor my is. Hy was onbekend vir my en tog het ek gewonder of hy sy drome bereik het en `n vol lewe gehad het. Die dood het `n krag op `n persoon dat jy jou lewe hersien en weer als in perspektief sit. Dit vat my terug na `n naweek middel Julie. Ek het `n roudiens by gewoon die Saterdag en die Sondag in `n verskillende dorp en `n ander dominee word ek weer gekonfronteer met die dood.


Saterdag beleef ek hoe voluit die dame geleef het en hoe sy ander se lewens verryk het. Altyd mooi na haarself gekyk en vir ander gedoen. Sy was `n kind van die Here en het geglo Hy sal altyd voorsien. In die sondag oggend diens is die dominee se tema " Lewe voor die dood".


Dit is `n treffende stelling en steek vas. Ons vra altyd of daar `n lewe na die dood is, veral as ons `n geliefde moet groet. Gaan ons kan aangaan, hoe moet ons aangaan sonder hulle. Die eintlike vraag moet wees LEWE ons elke dag tot die volste wat ons kan? Lewe ons voluit genoeg voor ons laaste asem?
Dit hoef nie altyd te wees om te reis en plekke te sien nie. Dit hoef niete wees om uit `n vliegtuig te spring of selfs onder die water te wees met haaie nie. Nee dit kan net iets wees soos om vir jou medemens omtegee en te gee sonder om terug te verwag. Dit kan wees om die klein dingetjies te waardeer soos, die reuk van die grond na die reen, kinders wat nog in die strate kan speel, selfs om net op jou stoep te sit en die vertoning van `n sonsondergang te aanskou.

 
So voor ons aan die lewe na die dood dink, laat ons eder dink aan die lewe VOOR die dood en wat ons daarmee kan doen. Dis elke dag `n nuwe uitdaging om voluit te lewe met al die faktore wat in ons haastige lewens `n rol speel.


Ek daag jou uit om dit te probeer en om daai sonsondergang te geniet of self net by `n padstal te stop en iemand met `n glimlag te groet.
`n Reis na `n lewe vol herinneringe en klein oomblikke wat `n groot impak het.




LEEF

Wednesday 10 August 2016

3 Provinsies, 7 dae en vele ondekkings



Bly op die hoofpad waar dit veilig is en waar daar vulstasies is. Dit is die meeste reisigers se denke wanneer hulle die langpad aanvat. Dit is heeltemal die teenoorgestelde in my geval. Ek het altyd gewonder waarheen vat daardie grondpad jou as jy sien hoe verdwyn die teer in die stofwolk.


Ek het onlangs begin meer om die onbekende paaie in ons land te reis as die normale N12, N7 en diesmeer.


Dit is venand hier op my stoep wat ek terug kyk op my reis die afgelope naweek (met paar ekstra verlof dae) dat ek met `n trommel vol nuwe herinneringe sit. Die beplanning het begin toe my vriendin na die Oos-Kaap verhuis het. Ek was vele jare terug in die provinsie en het dit goed gedink om bietjie meer te sien van die provinsie en te ontdek. Hoe gery van Garies? N7..N12... hoe nou?


Nee ek het die agterpad gekies. Sonder GPS (want daar is min sein), kaart of kompas het ek die Woensdag oggend vertrek ( met my kruisie getrek en my duim geink) en die N7 gevolg het tot Vanrhynsdorp. Die N is vervang met R toe die pad die R27 word en ineenlopend  na R63. Nieuwoudtville,Calvinia gevolg deur Williston.
Ek van die dorpe met sy eie atraksie. Niewoudtville "the bulp capital", Calvinia die hart van die Hantam en Williston wel.. hy het die Williston mal (mol). Die vriendelike diens by die vulstasie laat my altyd terugkeer.


My tenk was vol en die wiele reg vir die grondpad. Ek het van Williston na Fraserburg gemik via die R 353. Die afstand tussen die twee plattelands dorpe is 93 waarvan daar 40km grondpad is. Rol jou venster af, ry bietjie stadiger en neem die varslug en stilte in. Wees verseker indien jy te lank stilstaan langs die pad om `n kiekie te neem vir jou album, kan daar `n vriendelike oom stop om te vra of als nog reg is en waarheen jy opad is...dis die platteland manier van dinge doen.


Deur Fraseburg vat ek die pad verder tot by Leeu Gamka ( hulle is tans besig om te werk aan die vulstasie so beplan jou reis daarvolgens). Dit is hier op die stuk van die R 353 wat ek "good Luck gevind het. Oor die Theekloofpas. Dit was die eerste keer in my 25jaar jaar van bestaan dat ek die pas tee kom. Dit het draaie en swaaie wat enige person se renjaer sal laat tevoorskyn kom, so ry dus maar versigtig. Die pas bied aftrek plekke waar die skoonheid en uitsig veilig geniet kan word onder die koeltebome, ek raai dit beslis aan.5km buite Leeu Gamka ,Wesvaarts , wat jy weer die R353 na Prince Albert. Die Pad na die klein karoo. Die gedeelte van die R 353 is wel slegs grondpad maar sal met gemak deur `n lae sedan kar gery kan word. Die pad kronkel om berge en oor water drifies, verby plase met mohair bokke en Gaste verblyf. Dan net soos jy oor `n heuwel kom Is Prince Albert in gesnoesig by die voet van die berge. Op die toppe pronk die sneeu nog en wolke drom saam oor die dorp. Die son verhelder die grondpad. Jy kyk in verwondering na elke huis se argitektuur as jy deur die hoofstraat ry, Bome,Huise, hotel, koffie winkel en 1n ou trek wa wat staan gemak is.


Die pad kronkel met die R 407 oor passe en om draaie, verby wynplase, olyf plase, mooi plase, verlate plase opad na Klaarstroom. Moet nie te vining jou oogies knip nie want dan is jy verby. 2 Roetes kan nou gevolg word, eerstens die Swartberg pas of tweedens Meiringspoort langs.


Ek het die Meiringspoort roete gekies piere uit nuuskeurigheid hoe sterk die waterval sal wees na al die reen en sneeu die afgelope 2 weke. By Meiringspoort watervalle was dit nie `n teleurstelling nie en was dit die vinnige klim werd. Die water het gedruis en soos dit ouder gewoonte was om `n duik te vat in die verfrisende water was dit die keer net te koud om dit aantedurf.


Terug in die kar het die druppels op die venster begin val en ek het die pad verder aangedurf. Net voor De Rust het ek die afdraai geneem op dieR 341 na Willowmore. Dit was hier waar my eerste oornag stop sou wees.


Ek het tuis gegaan by `n vriend ( sy ma besit Rika's B& B, so loer gerus hier in). Die aandjie was koud maar die geseligheid by die kombuis tafel was warm. Die volgene dag het ek my eie persoonlike toergids deur die dorp gehad en het by elke antieke winkel ingeloer vir `n skat wat vir my wag. Met middag ete het ons by die Belly Deli `n heerlike vuuroond pizza geeet..mmmm. heerlik.


Dit was weer tyd om verder te reis tot by my tweede stop, Graff-Reinet. Dit is `n Klein Karoo dorp vol karakter en ryk aan geskiedenis. Dit is hier waar my vriendin nou tuis gaan. zek het tyd gehad om die dorp te ontdek en hoeveel meer beter as dit te voet te doen. Die kerk van Graff-Reinet is aan almal bekend, en kan op geen foto tot sy volle geregtigheid beskryf word nie. Gaan besoek gerus hier die Reinet huis.


Saterdag oggend is die winter son heerlik op my wange toe ons na die Polka Restaurant gaan vir heerlike ete. Dit is `n lieflike en inspireerende plek, waar die reuk van vars brood jou nader roep of die gelag van vriende wat opvang, dalk net die gevoel van LEEF wat ju aantrek na die plek.
Tewryl jy in Graff Reinet is besoek verseker die Vallei van Verlatenheid ( die pad is tot bo geteer), die uitsig gee vir jou `n beter oorsig oor die dorp en die omgewing wat dit omring. Trek gemaklike skoene en klere aan indien jy die uur stap roete by die uitkyk punte wil volg.


Terug op reis, na die derde stop van die reis. Juriesbaken via Middelburg, `n plaas waar als groot is.. die Liefde vir mekaar, vir boer en vir die omgewing waarin hul leef. `n Gesin wat bestaan uit 2 seuns, skoondogter,aanstaande skoondogter, kleinseun en ouers. Dit was `n koue winters naweek maar die liefde en gasvryheid was warm. Ek het met sommige oomblik by die etenstafel nie mooi geweet wanneer die tannie al die heerlike geregte voorberei het nie. Elke oomblik was spesiaal gemaak.


Die sondag het ons deur gery na Hofmeyer, vir die Sondag kerk diens. Tot my verrassing in `n kerk met die kleur van Salom vis...lig pienk. Binne die kerk was daar heeltyd fyn detail wat my oog getrek het na die hout en ingraverings. Die predikant se boodskap, " Moet nie voorgee nie". Die kerk het verseker strek gestaan in sy uniekheid.


Dit was alweer Maandag, tyd om die tog terug Namakwaland toe te maak. Van die plaas is ek terug Middelburg toe en daar het ek die afdraai gevat na Hanover tot op De Aar. De Aar is dit eers by die familie gestop en koffie gedrink voor ek verder die 50km aanpak tot op Britstown vir my 4de en finale oornag.


Op Britstown het daar `n onvergeetlike ontmoeting met `n hartsvriendin gebeur toe sy die N12 van Kimberley volg om my vir een aand op my reis te vergesel. Ons het die nag deurgebring met `n glasie goeie rooiwyn en heerlike kos en slaap geriewe by die Transkaroo Country Lodge ( Bespreek jou plekkie volgene keer). Hieroor kan jy dalk meer gaan lees op haar blog (martlimuller.blogspot.co.za - resensie- britstown-se-juweel).


Die Dinsdag oggend het ons deur Britstown gery en net verkeer en gewees. Sy terug op die N12 Kimberley toe en ek op die agterpad langs met die R384. Ek moes eer afdraai by Vosburg om die Hotel af teneem ( my ma en tannie het as jongvrouens altyd die dans op die dorp kom bywoon). Hier het `n oom my voorgekeer en gevra of hy kan help. Ek het aan hom die storie verduidelik van die 2 jong meisies van die plaas wat altyd hier kom dans het. Hy het sy hand uitgesteek en himself voorgestel as Frans de Klerk, `n man van die Rand. Hy is trots op die dorp en het al te vrolik vertel van die stof opskop danse wat hul hier wil hou in die naby toekoms (so stof daai skoene af en gaan dans op Vosburg). Die R384 het die  R63 geword, toe die R27 en laastens die N7. Die N7 het reguit voor my uit gestrek om,oor en af terug na Garies in die Namakwaland. Die blomme pronk nog nie al is dit laat. Ek gee hul tyd. dalk binnekort is dit `n skilder van kleure...wag daar sien ek fyn `n paar bossies pronk al langs die pad.


Terug op die stoep met `n trammel vol herinneringe en `n piering wat oorloop van geluk.


Vat gerus volgene keer die agter pad en kyk wie ontmoet jy. Moontlik die Frans de klerk van `n ander rand of selfs `n man op `n fiets.


Die mense op die platteland gesels en help graag, met hulle warm harte sal jy vining tuis voel.


Maak jou stofwolk