Ek glo dat
daar ander ook daar buite is wat soms opsoek is na `n uitdaging, `n
onvergeetlike ervaring, `n bucketlist oomblik en iets vir die boeke.
Elke nou en
dan ervaar ek die gevoel om die limiete te toets en dan net te leef in daardie
oomblik. Twee jaar terug het ek en my ma
(nou 55) besluit om die sprong te vat en uit `n vliegtuig te spring. Dit
was `n ongelooflik ervaring en voorreg om saam met my ma te kon beleef. Dit was
hier waar die wiel begin draai het.
Wat sou die
volgende uitdaging en belewenis wee swat ons kan doen?
Ons het die
tema volgehou van sweef in die lug en besluit ons sal Paraglide die afgelope
Desember vakansie.
Ek het
bespreek deur die span by ”Cape Town Tandem Paragliding”. Dit was `n angename
ervaring en hul was baie professioneƫl en georganiseerd soos `n goed geoliede
rat.
Dit was `n
perfekte dag in die Kaap, `n helder sonskym dag en die wind was perfek vir
paragliding. Ons sprong was vanaf Signal
Hill ( Hulle
Die span
was werklik baie vriendelik en goed georganiseerd. So as jy in die Kaap area is
en bietjie die limiete wil toets probeer gerus hierdie uitstappie.
Sprei jou
vlerke en vlieg hoog hierdie 2017 en moet nie bang wees om nuwe hoogtes na te
jaag nie.
Besoek
gerus “Cape Town Tandem Paragliding se webtuiste by www.paraglide.co.za o info@paraglide.co.za.
Jy kan gerus ook hul kontak by 076 892 2283

No comments:
Post a Comment