Dit is `n lang rit vandat ek laas `n inskrywing gedoen het.
Want voor ek oor al die ander stof paaie en agterpaaie van die lewe kan skryf
is daar een storie wat ek eers uit my hart moet kry. Vir byna 9 maande draai
hierdie storie in my hart…hart my kop…in my menswees. Elke keer dink ek hoe
sal ek dit benader, hoe sal ek dit skryf en uiting gee aan hierdie storie
sonder om oor lyne van taboo onderwerpe te praat?
Dan dink ek.. dit is my storie, my gedagtes en my Vryheid
van spraak en my liefde wat uiting kry. So hier gaan ons. As jy nog die
oulands vlag hoog wapper, of in elke situasie iets rassities soek, gee ek jou
`n oomblik om die berig toe te maak.
“Bye Clara!!” “Bye Mia!!”. Clara stap `n entjie verder en
weer kom die klein stemmetjie… “Bye Clara!!!” “Bye Mia!” en toe “ LIef vir jou
Clara!!” “lief vir jou ook Mia”. Ek sit op my stoep en aanskou hierdie pragtig
en onskuldig liefde van `n klein dogtertjie vir die huishulp. Die klein dogter kuier
gereeld by haar ouma oorkant my en het so mooi band met Clara (die huishulp)
gevorm. Dis dit wat my terugvat na my eie kinderjare toe.
Die jare in potch het ek min van onthou want ek was maar 3
toe ons daar weg is maar Maria wat na ons gekyk het het gereeld nog gebel en my
ma vir haar om te hoor hoe gaan die met die familie. Dit is toe later jare as
student wat ek weer vir Maria gesien het toe sy by die studente huis kom kuier
het en haar suster later by my so af en toe gewerk het. Sy het vertel van die
dae wat sy ons as baba’s kon versorg en pêpa.

Miekie en Roelf. Die twee getroue werkers het by my ouma
gewerk en het saam met haar van die plaas in dorp toe gekom toe my ouma dorp
toe trek. Vakansie tye het hulle hul hande vol gehad met ons, binne die huis
het Miekie die wakened oog gehou en buite het Roelf weer gekyk waste kattekwaad
ons aanjaag of waar ons damwalletjies in die bedding maak wat nie daar hoort nie.
Geduldig het hul weer als reg gemaak.
Die twee leef nou nog en na my ouma se dood werk Roelf nogsteeds by haar
huis, soos hy sê “ Ek sal elke dag mooi kyk na die ounooi se erf, al is sy
nie meer hier nie”. Twee kosbare mense wat altyd daar was en in soveel
herinneringe van my as kind ook.

Frances met haar
sorgende hande en mooi hart. Ons het goeie en slegte tye saam beleef. Haar
hartseer en slegte tye en ook ons as kinders sin.


Februarie 2017, die naweek waar die storie begin het. Dit
was die naweek wat ek voorgestel is op die kerkraad en my ouers het besluit hul
gaan opkom vir die geleentheid, dit is toe wat die idee kom dat Frances en die
honde ook moet saam kom. Nie Frances of die honde het al die see gesien nie en
dit was een van haar grootste drome. Frances het afgekry by haar werk en is
saam in die kar. Dit was die eerste keer in haar lewe wat sy verder as 50km weg
van Kimberley is. My pa het Vosburg, Carnavon< Calvinia en toe N7 roete
gery. Hitler wou net heelpad op Frances se skoot sit. Toe hulle hier stop by my
was dit oorweldigend gewees (Frances was so deftig uitgevat). Ek was so trots
om vir haar my huis, werk en kollegas te wys. Dit was nie lank stil sit op die
stoep nie toe begin Frances skoon maak. Die naweek was vol nuwe ervaring vir
haar en nogsteeds sou dit nooit genoeg wees om vir haar dankie te sê
nie. Die Saterdag is ons Hondeklipbaai toe met die honde ook in. Sy was in
verwondwering en kon dit nie glo nie. Sy het stil geraak vir al die water wat
voor haar lê.
Ons het met die honde op die strand baljaar en sy het haar voete in die see
gesit. Om dit met haar te kon deel was `n kosbare oomblik gewees.
Toe groettyd kom was my huis leeg maar my hart was oorvol
gewees. Hulle het toe Springbok- Upington om terug gery. Frances met haar
sorgende hande het my huisie laat blink en my hart laat glimlag. Sy het die
hele Noord-Kaap deur gery en die see gesien in een naweek. Die mense wou haar
nie glo nie en ek moes vir haar foto’s laat uitdruk om vir hulle te wys.
Die vrou met haar sorgende hande en haar mooi hart…die vrou
wat my begin tswana leer het in die middae, die vrou wat die mooiste glimlag
het al is haar hart seer, die vrou wat nederig is en dankbaar, die vrou wat die
lekkerste vetkoeke maak, die vrou wat `n koppie tee die perfekte soet kan maak,
die vrou wat my soveel lewenslesse geleer het al het sy diy nie besef nie.
Venand sê
ek vir haar dankie. Ek sal altyd dankbaar wees dat sy deel was van my groot
word jare en nogsteeds daar is om te sien die vrou wat ek vandag is.
Nederigheid en dankbaarheid vir hierdie engel
van God wat in my lewe is.