
Dit is nog die oorsronlike gebou wat in 1854 gebou is in die vorm van `n "T". Hierdie is een van die oudste gebou in Calvinia en het meer as `n decade geneem om tot sy volle glorie herstel te word. In 1983 word dit as `n nationale monument verklaar.
By die Hantam Huis word daar eg traditionele geregte bedien soos bobotie, waterblommetjies, koeksisters, melktert, en nog vele meer om jou lippe af te lek.
Dit was `n grou oggend in Calvinia met wolke toe getrek en `n koue vind wat jou aan die bene knou.
Ek het om besluit om te kaan vir `n heerlike koffie en dalk net iets vir die oop kol in die maag.
Toe ek instap by die Hantam huis voel ek dadelik tuis met `n warm gevoel wat oor my kom. Hul beduie my na die restaurant area. Voor ek daar kom loop jy eers deur die winkel area, en dit is hier waar die reuk van mosbeskuit my tref en ek word weg gevoer na my ouma se huis. Die reuk van kaneel en mosbeskuit en die herinneringe van die dae wat ons saam gebak het en in die kombuis baljaar het. Die houtvloer se planke kraak en kreun van al die voete en lewens wat al oor hulle geloop het.


Toe ek klaar is en wil ry was dit nie net die oop gaaitjie in my maag wat gevul is ie maar ook my vreugde bekker.
Die Hantam Huis sal verseker weer `n besoek van my ontvang as ek in die dorp is. Stop gerus by hulle en geniet die kos. Al is dit net `n vinnige moer koffie of rooibos tee.
No comments:
Post a Comment